Gebed

Doelwit: God se Naam moet grootgemaak en geheilig word in gebed. Mense moet besef gebed is God in Aksie op aarde
Kennisgewings: Almal wat wil saambid in die gebedsketting, is welkom om hul name met ‘n e-pos adres of ‘n selnommer in te gee by die kerkkantoor. Jy kan ook skakel of ‘n e-pos stuur.
Kontak:  Kerkkantoor – WhatsApp na 071 903 3791 of epos na ngmeerensee@absamail.co.za
Meer inligting: ‘n Kind van die Here het nie alleen ‘n behoefte aan die verborge, eensame gebed nie, maar ook aan openbare gebede samm met ander Christene. Ons word deur dieselfde Gees tot lede van een liggaam saamgebind, daarom moet ons ook as ‘n groep funksioneer en vir die verwesenliking van ‘n bepaalde doel saamwerk.